# Die Amerikaanse president Donald Trump het hande geskud met sy Russiese ampsgenoot Vladimir Putin en die Chinese president Xi Jinping in die aanloop tot ’n ongekende vergadering môre in China tussen drie van die wêreld se grootste moondhede. Trump en Putin het mekaar tydens ‘n verwelkomingsbanket by die APEC-beraad in Shenzhen ontmoet, met Xi wat langs hulle gestaan het. Xi het Trump vroeër persoonlik by die lughawe verwelkom wat ‘n afwyking van die gebruiklike protokol is. Die drie leiers sal na verwagting die oorlog in Oekraïne, die konflik waarby Iran betrokke is, kernwapens en handel bespreek.
Trump, Putin en Xi skud hande voor geskiedkundige samesprekings