# Die Amerikaanse president, Donald Trump, eis tronkstraf vir die burgemeester van Chicago, Brandon Johnson, en die goewerneur van Illinois, JB Pritzker. Hy beskuldig hulle dat hulle misluk het om federale immigrasie-beamptes te beskerm. Die land se derde-grootste stad het die jongste brandpunt in die Trump-administrasie se uitsettings-en teenmisdaadveldtog geword in stede waar Demokrate aan bewind is. ‘n Hofaansoek is Maandag ingedien om die ontplooiing te keer en die verhoor begin vandag. Pritzker sê Weermaglede behoort nie teen gemeenskappe gebruik te word nie:
Trump eis tronkstraf vir burgemeester van Chicago en goewerneur van Illinois [KLANK]
ENG PritzkerOnTrump