# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie het meer as 200-duisend bladsye met inligting oor die sluipmoord op die menseregte-aktivis Martin Luther King Junior vrygestel. Hy is op 4 April 1968 op 39-jarige leeftyd in Memphis doodgeskiet. Die rekords wat sedert 1977 volgens ʼn hofbevel verseël is, sluit FBI-lêers en leidrade in wat ná King se dood ontvang is. Die vermoorde Nobelpryswenner se familie, insluitend sy twee kinders, vra diegene wat by die vrystelling van hierdie lêers betrokke is, om dit met empatie, selfbeheersing en respek te doen.
Trump-administrasie stel inligting vry oor sluipmoord op Martin Luther King Jr