Skip to content

Trump-administrasie se aansoek om groot-juriegetuienis in Ghislaine Maxwell-saak bekend te maak, geweier

# ʼn Amerikaanse regter het die Departement van Justisie se aansoek verwerp om grootjurie-getuienis van die Ghislaine Maxwell-saak bekend te maak. Die departement wou hê grootjurie-getuienis en bewysstukke van sake waarby die oorlede finansier en veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Epstein, betrek is, moet bekendgemaak word. Maxwell, wat ʼn jare lange vennoot van Epstein was, dien tans tronkstraf van 20-jaar uit vir sekshandel en ander oortredings wat met Epstein verband hou. Regter Paul Engelmayer sê die Maxwell-getuienis is nie van betekenisvolle geskiedkundige of openbare belang nie.