# Die aantal mense wat gewond is in ‘n mes-aanval by ‘n winkelsentrum in Incheon, Suid-Korea, het tot tien gestyg. Die polisie het ‘n 59-jarige man in hegtenis geneem. Hy het na bewering kopers op verskillende verdiepings van die gebou aangeval voor omstanders hom oorrompel het. Een slagoffer is steeds in ‘n bedenklike toestand, maar niemand is dood nie. Die polisie ondersoek die motief. Volgens Suid-Koreaanse owerhede het die verdagte ‘n geskiedenis van geweldsoortredings en het ‘n elektroniese moniteringstoestel gedra.
Tien beseer in Suid-Koreaanse winkelsentrum mes-aanval