# Texas se goewerneur, Greg Abbott het ‘n wetsontwerp oor aanlyn kinderveiligheid onderteken. Dit vereis dat Apple en Google gebruikers se ouderdomme nagaan en ouers se goedkeuring kry voordat minderjariges toepassings mag aflaai of aankope in toepassings doen. Abbott sê die nuwe wet sal die Amerikaanse staat in staat stel om ouers meer beheer te gee oor die aanlyn inhoud waartoe hul kinders toegang het. Apple ondersteun die doelwit om kinders se aanlyn veiligheid te verseker, maar is bekommerd omdat die nuwe wetgewing moontlik alle gebruikers se privaatheid bedreig.
Texas-goewerneur onderteken wetsontwerp oor kinders se aanlyn veiligheid