Skip to content

Tennis: WTA verskerp maatreëls om spelers te beskerm na doodsdreigemente en aanlyn mishandeling

#Tennis: Die Vrouetennisvereniging sê die beskerming van spelers teen aanlynmishandeling en dreigemente is ‘n kernprioriteit, na verskeie spelers die week doodsdreigemente ontvang het na hulle verloor het. Die Britse speler Jodie Burrage is geteiken nadat sy by die Chennai Open in Indië verloor het, terwyl die voormalige Australiese Ope-kampioen Sofia Kenin en Brittanje se Katie Boulter ook beledigende boodskappe ontvang het. Die WTA bied Burrage bykomende ondersteuning en ondersoek die dreigemente. Meer as 12-duisend beledigende plasings en boodskappe op sosiale media is verlede jaar aangemeld, met baie wat verband hou met woedende dobbelaars.