Skip to content

Tennis: Verdedigende kampioen Sabalenka pak Anisimova in eindstryd van Amerikaanse Ope

# Tennis: Die wêreld se nommer een Aryna Sabalenka kry die kans om haar Amerikaanse Ope titel te verdedig wanneer sy môre in die eindstryd teen die Amerikaner, Amanda Anisimova te staan kom. Sabalenka van Belarus, wat ‘n stel agter was, het die Amerikaner Jessica Pegula, met 4-6, 6-3, 6-4 geklop. Sabalenka gaan probeer om die eerste speler te word om agtereenvolgende Amerikaanse Ope vroue-enkelspeltitels te wen nadat Serena Williams tussen 2012 en 2014 drie keer na mekaar gewen het. Anisimova het Naomi Osaka van Japan in drie stelle verslaan om haar eerste eindstryd by Flushing Meadows te haal.