Skip to content

Tennis: Swiatek steeds op koers vir ontmoeting met Sabalenka in Wuhan

# Die sesmalige Grand Slam-kampioen, Iga Swiatek, het haar Poolse landgenoot, Magdalena Frech, maklik in die Wuhan Ope in China se ronde van 32 geklop. Sy het haar 40ste oorwinning van die seisoen behaal en is steeds op koers vir ‘n moontlike kwarteindstryd teen die driemalige kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus. Die wêreld-nommer-170, Sonay Kartal van Brittanje, het haar terugkeer gevier ná ‘n lang afwesigheid weens beserings toe sy die negende gekeurde Belinda Bencic van Switserland klop. Kartal sal in die ronde van 16 teen die 15de gekeurde Jasmine Paolini van Italië te staan kom.