Skip to content

Tennis: Skok-nederlaag vir verdedigende kampioen Coco Gauff by Franse Ope

# Die verdedigende kampioen, Coco Gauff van Amerika, is gister in ‘n skoknederlaag in die derde ronde van die Franse Ope uitgeskakel. Die wêreld-nommer-drie is deur die 28ste gekeurde Anastasia Potapova in drie stelle geklop. Gauff het in haar vorige wedstryde indrukwekkend op die Paryse kleibaan vertoon. Sy het haar veldtog geopen met ‘n oorweldigende 6-4, 6-0 oorwinning oor Taylor Townsend, en toe die Egiptiese kwalifiseerder Mayar Sherif in twee stelle in die tweede ronde kafgedrag. Potapova, wat nou vir Oostenryk speel, kom in die rondte van 16 teen die 22ste gekeurde, Anna Kalinskaya van Rusland te staan.