Skip to content

Tennis: Sinner en Zverev spook sake uit in halfeindronde in Parys

# Tennis: Jannik Sinner is na sy gemaklike oorwinning gister oor Ben Shelton in die Paryse Meesters se kwarteindronde weer ʼn stap nader aan die eerste plek op die wêreldranglys. Die Italianer het sy vyfde gekeurde teenstander met 6-3, 6-3 verslaan en kom nou teen die verdedigende kampioen, Alexander Zverev te staan nadat dié 2-6, 6-3, 7-6 met Daniil Medvedev afgereken het. Sinner sal probeer voordeel trek uit sy teenstander Carlos Alcaraz se skoknederlaag teen Cameron Norrie in die tweede ronde. Hy sal Alcaraz op die ranglys verbysteek indien hy die titel in Parys wen.