Skip to content

Tennis: Sabalenka gemaklik deur na die tweede ronde op Wimbledon terwyl Medvedev sneuwel

# Tennis: Die eerste-gekeurde Aryna Sabalenka het maklik deurgedring na die tweede ronde van Wimbledon, met ‘n oorwinning van 6-1, 7-5 oor die Kanadese kwalifiseerder Carson Branstine. Die 27-jarige van Belarus is ‘n driemalige Grand Slam-kampioen, maar het nog nooit verder gevorder as Wimbledon se halfeindronde nie. Sy het vanjaar in die eindstryde van die Australiese Ope en die Franse Ope verloor. Intussen het voormalige Amerikaanse Ope-kampioen, Daniil Medvedev, ‘n skok-nederlaag in vier stelle gely in die eerste ronde teen Benjamin Bonzi van Frankryk.