Skip to content

Tennis: Ongekeurde Matteo Arnaldi oorweldig Djokovic by Madrid Ope

# Tennis: Die ongekeurde Italianer, Matteo Arnaldi het gister die vierde gekeurde Novak Djokovic by die Madrid Open oorweldig. Arnaldi het ‘n geïnspireerde vertoning gelewer teen sy held en die driemalige kampioen – wat nie op sy beste was nie – met 6-3, 6-4 in die tweede ronde uitgeskakel. Dit is Djokovic se derde agtereenvolgende nederlaag nadat hy in die Miami-eindstryd teen Jakub Mensik verloor het, en daarna in sy eerste wedstryd in Monte Carlo-Ope deur Alejandro uitgeskakel is. Arnaldi kom volgende teen Damir Džumhur van Bosnië te staan.