Skip to content

Tennis: Medvedev in eerste ronde van Amerikaanse Ope uitgeskakel terwyl Djokovic en Sabalenka wen

# Tennis: Die viermalige Amerikaanse Ope-kampioen, Novak Djokovic, het die Amerikaanse tiener Learner Tien verslaan om na die tweede ronde van die toernooi deur te dring. Die Serwiër mik vir ‘n rekord 25ste Grand Slam-titel en het nou 75 agtereenvolgende eersteronde-oorwinnings by majors behaal. Benjamin Bonzi van Frankryk het die Rus Daniil Medvedev uitgeskakel. In die vroue-afdeling het die kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus met die Switser Rebeka Masarova afgereken, terwyl Emma Raducanu van Brittanje die Japanse kwalifiseerder Ena Shibahara met 6-1, 6-2 geklop het.