# Tennis: Die pasgekroonde Wimbledon-kampioen, Linda Nosková, het vyf plekke na sewende verbeter op die jongste WTA-wêreldranglys. Haar Tsjeggiese landgenoot wat sy in die eindstryd geklop het, Karolina Muchová, is nou sesde. Verlede jaar se kampioen, Iga Swiatek van Pole, het vyf plekke teruggesak na agtste nadat sy in die derde ronde verloor het. Aryna Sabalenka van Belarus is steeds nommer-een, gevolg deur Elena Rybakina van Kazakstan, die Amerikaners Jessica Pegula en Coco Gauff, en die Rus Mirra Andreeva. Die Amerikaner Amanda Anisimova is negende en Elina Svitolina van Oekraïne tiende.
Tennis: Groot verbetering vir Wimbledon-finaliste op WTA-wêreldranglys