Skip to content

Tennis: Federer gaan by Agassi, Roddick en McEnroe aansluit in vertoongeleentheid voor Amerikaanse Ope

# Tennis: Die gewese Switserse meester Roger Federer se deelname is bevestig aan ‘n vertoongeleentheid voor die Amerikaanse Ope. Hy sluit aan by die Amerikaners Andre Agassi, Andy Roddick en John McEnroe op die Arthur Ashe-stadion op Flushing Meadows op 25 Augustus. Die 44-jarige Federer het vyf van sy 20 Grand Slam-titels in New York verower. Hy sê hy het dit gemis om deel te wees van die atmosfeer sedert sy uittrede in 2022, en dit sal meer betekenisvol wees om die geleentheid met die ander drie te deel.