# Tennis: Novak Djokovic het sy aanspraak op ‘n 25ste Grand Slam-titel versterk met sy toetrede tot die derde rondte na hy die Brit, Dan Evans, met 6-3, 6-2, 6-0 oorrompel het. Djokovic het minder as twee ure nodig gehad om Evans met ‘n meedoënlose vertoning in die tweede rondte op die hoofbaan uit te skakel. Djokovic, die sesde gekeurde, het met ‘n maagkwaal gesukkel teen Alexandre Muller en hom in vier stelle geklop, maar die sewe-malige Wimbledon kampioen het niks van sy kwaal oorgehou toe hy Evans met 46 kishoue van die baan gevee het nie.