# Tennis: Die 38-jarige Novak Djokovic het ‘n langverwagte halfeindstryd teen Carlos Alcaraz bespreek op die Amerikaanse Ope. Die Serwiër het die Amerikaner Taylor Fritz in vyf stelle verslaan in sy aanslag op die rekord van 25 Grand Slam-enkelspeltitels. Die Spanjaard het die Tsjeg Jiri Lehecka in skoon stelle geklop. In die vroue-afdeling het die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, die halfeindronde gehaal toe die Tsjeg Marketa Vondrousova weens ‘n kniebesering onttrek het. Sy speel teen die Amerikaner Jessica Pegula in ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd.
Tennis: Djokovic bespreek Amerikaanse ope-halfeindstryd teen Alcaraz