Skip to content

Tennis: Djokovic in eindstryd van die Genève Ope met sy 100ste titel in sig

# Tennis: Novak Djokovic is op die punt om sy 100ste toervlaktitel in te palm na hy Cameron Norrie gister met 6-4, 6-7 6-1 in die halfeindstryd van die Genève Ope geklop het. ‘n Oorwinning in vandag se eindstryd teen die sesde gekeurde Pool, Hubert Hurkacz, is die perfekte voorbereiding vir die Franse Ope wat Sondag begin. Dit sal die Serwiër se tweede eindstryd vanjaar wees na die Miami Ope waar hy teen die Tsjeggiese tiener, Jakub Mensik verloor het. Djokovic wat Donderdag 38 geword het, is die wêreld nommer ses en gaan probeer om ‘n vierde Roland Garros-titel te verower.