Skip to content

Tennis: Derde-gekeurde Pegula word uitgeboender in eerste ronde van Wimbledon

# Tennis: Die derde-gekeurde Amerikaner Jessica Pegula is in Wimbledon se eerste ronde uitgeboender. Sy het in skoon stelle verloor teen die Italianer Elisabetta Cocciaretto, 82ste op die wêreldranglys. Coccioretto se beste vertoning in Grand Slam-toernooie tot dusver was die vierde ronde in verlede jaar se Franse Ope, terwyl sy in 2023 Wimbledon se derde ronde bereik het. Die oorwinning is haar tweede een teen ‘n top tien-teenstander in haar loopbaan ná sy die Tsjeg Petra Kvitova twee jaar gelede op Roland Garros verslaan het.