# Tennis: ‘n Besering het die driemalige kampioen, Novak Djokovic, gedwing om te onttrek aan volgende week se Madridse Ope in die Spaanse hoofstad. Die 38-jarige Serwiër het nog nie weer aan die ATP-toer deelgeneem sedert hy op Indian Wells uitgeskakel is nie. Hy het weens ‘n skouerbesering aan die Miami-ope onttrek en ook verlede week se Monte-Carlo-meesterstoernooi misgeloop. Die wêreld-nommer-vier sê hy gaan voort met sy herstelpad en hoop om binnekort terug te wees. Die kleibaantoernooi word gebruik as voorbereiding vir die Franse Ope wat op 24 Mei begin.
Tennis: Besering dwing Djokovic uit die Madridse Ope