Skip to content

Tennis: Australiese Ope kampioen sluit aan by ander sterre wat by Wimbledon uitgeskakel is

# Tennis: Die Australiese Ope kampioen, Madison Keys, is die jongste ster wat by Wimbledon gesneuwel met die sesde gekeurde Amerikaner wat deur Laura Siegemund uitgeskakel is. Keys het 6-3, 6-3 verloor teen die Duitser, die wêreld se nommer 104. Die 30-jarige Keys is die vyfde uit die top ses gekeurde spelers wat op verrassende wyse die onderspit in vanjaar se toernooi gedelf het. Coco Gauff, Jessica Pegula, Jasmine Paolini en Zheng Qinwen is reeds uit die toernooi, maar die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka is darem nog in die toernooi.