# Tennis: Goedkoop kaartjies gaan die eerste keer op die Australiese Open beperk word om oorvolheid te voorkom. Die organiseerders sê die Grand Slam-toernooi in Melbourne is in Januarie vanjaar gekenmerk deur lang toue en oorvol paviljoene. Die toewysing van dagpasse, teen 560-rand, sal beperk word vir die eerste week van die toernooi omdat ‘n groter vraag as ooit verwag word. Reuters berig ‘n rekord-skare van 1,3-miljoen het vanjaar se toernooi bygewoon, waar Carlos Alcaraz van Spanje en Elena Rybakina van Kazakstan tot enkelspel-kampioene gekroon is.
Tennis: Australiese Ope beperk goedkoop kaartjies om oorvolheid te voorkom