Skip to content

Tennis: Auger-Aliassime en Andreescu lei Kanada na eerste Hopman-beker-titel

# Tennis: Kanada het die gasheerland, Italië, in Bari met 2-1 verslaan om die Hopman-beker die eerste keer ooit te wen. Bianca Andreescu het Kanada ʼn voorsprong gegee toe sy Lucia Bronzetti geklop het. Die gashere het teruggeveg en Flavio Cobolli wat Wimbledon se kwarteindronde gehaal het, het Félix Auger-Aliassime in drie stelle verslaan. In die dubbelspel het Andreescu en Auger-Aliassime egter die oorwinning oor Bronzetti en Cobolli beklink.