Skip to content

Tennis: Alcaraz en Shelton spook sake uit in ATP-toernooi se halfeindstryd in Turyn

# Tennis: Die halfeindstryd-deelnemers aan die ATP-jaareindtoernooi in Turyn is bevestig nadat die rondomtalie-stadium afgehandel is. Die wêreld-nommer-twee Carlos Alcaraz en die Amerikaner Ben Shelton meet vandag kragte in die eerste halfeindwedstryd. Die Duitser Alexander Zverev en Daniil Medvedev van Rusland takel mekaar in die tweede wedstryd. Alcaraz is onoorwonne in sy groep en Zverev is eerste in sy afdeling. Die twee wenners spook Sondag sake uit in die jaareindtoernooi se eindstryd in Italië.