# Tennis: Vir die eerste keer sedert 2003 het al agt topgekeurdes in die vroue-kompetisie na die laaste 16 van die Franse Ope op Roland Garros deurgedring. Coco Gauff het met Marie Bouzkova in twee stelle afgereken en Mirra Andreeva het Yulia Putintsiva ook in twee stelle geklop. Jessica Pegula het die voormalige finalis Marketa Vondrousova in drie stelle geklop terwyl Madison Keys met Sofia Kenin afgereken het. Lois Boisson wat 361ste in die wêreld is het Elsa Jacquemot geklop om die speler te word met laagste wêreldposisie in die laaste 16 in Parys in 40 jaar.
Tennis: Al agt topgekeurdes deur na die laaste 16 in Parys