Skip to content

Tafeltennis: Danisha Patel gaan SA op wêreldkampioenskap in Doha verteenwoordig

# Tafeltennis: Lenasia se Tafeltennisvereniging in Gauteng het aangekondig dat Danisha Patel Suid-Afrika gaan verteenwoordig op die Wêreldkampioenskap. Dit vind van môre tot volgende Sondag in Doha, Katar, plaas. Patel het meer as ‘n dekade se ondervinding en is nie net ‘n top speler nie, maar ook ’n afrigter. Die vereniging se voorsitter, Vikash Kasan, het haar toewyding geprys en haar ’n inspirasie genoem. Patel sê sy is senuweeagtig, maar opgewonde.