# Die presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya het bevestig president Cyril Ramaphosa en DA-leier John Steenhuisen was in gesprek oor moontlike veranderinge aan die DA se kabinetsposte. Volgens News24 vra Steenhuisen dat die minister van Omgewing, Bosbou en Visserye, Dion George, deur partywoordvoerder Willie Aucamp vervang word. Steenhuisen wil ook hê DA-LP Alex Abrahams moet as nuwe adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging aangestel word, in die plek van Andrew Whitfield wat vroeër vanjaar deur Ramaphosa afgedank is. Magwenya wou nie verder kommentaar lewer nie en sê ‘n aankondiging sal gemaak word wanneer die tyd ryp is.