Skip to content

Statistiek Suid-Afrika sê meer as 2,1-miljoen buitelandse reisigers het Suid-Afrika in September besoek

# Statistiek Suid-Afrika sê byna 2,9-miljoen reisigers het in September deur die land se grense en lughawens beweeg waarvan meer as 2,1-miljoen buitelandse reisigers was. Nagenoeg een-miljoen buitelandse besoekers het in die land aangekom, waarvan meer as 835-duisend hier oornag het en byna 227-duisend vir die dag gekom het. Die meeste toeriste wat oornag het, was afkomstig uit lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, met meer as 659-duisend besoekers. ‘n Verdere 161-duisend toeriste het van oorsee gekom, met meer as 13-duisend uit ander Afrika-lande.