# Statebondspele: Nathan Hendricks het gisteraand op die Glasgow Statebondspele Suid-Afrika se eerste goue medalje in die swembad gewen. Die 20-jarige het die 100-meter vryslag in die S13-klas in ‘n tyd van 54,54-sekondes gewen. Die oomblik toe hy induik was dit duidelik dit gaan moeilik wees om hom te klop. Hendricks sê dit was sy eerste medalje in ‘n senior internasionale kompetisie, en hy kan dit steeds nie glo nie. Stephen Clegg van Skotland was tweede in 55,16-sekondes, en Matthew Redfern van Engeland derde in 56,86-sekondes.
Statebondspele: Nathan Hendricks wen Suid-Afrika se eerste goue medalje vir swem