# Die Stad Kaapstad het sy optrede teen onwettige storting verskerp en 247 voertuie in die afgelope jaar geskut, ‘n toename van 133-persent teenoor die vorige jaar. Oortreders kan ‘n voertuigbeslagleggingsboete van twee-duisend-500-rand opgelê word. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê baie stortingsvoorvalle hou verband met onwettige grondbesettings, waar puin gebruik word om grond vir onwettige strukture voor te berei.
Stad Kaapstad ervaar skerp styging in voertuie wat weens onwettige storting geskut word
AFR SmithOnIllegalDumping