# Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor die subtiele en stelselmatige inkrimping van die staatsdiens deur middel van vrywillige afleggingspakette, die afskaffing en nie-vulling van poste, en die herverdeling van funksies na werknemers wat reeds oorlaai is. Claude Naicker van die PSA sê die afskaffing van ‘n pos beteken nie die werk self is afgeskaf nie en waarsku dat dit lei tot ‘n uitgeholde staatsdiens. Hy het ‘n beroep op die regering gedoen om korrupsie, misbruik van verkrygingsprosesse en verkwisting aan te pak, in plaas daarvan om kapasiteit wat vir dienslewering nodig is, in te kort:
Staatsdiensvakbond bekommerd oor subtiele afskaling van staatsdiens [KLANK]
ENG NaickerOnDownsizing