Skip to content

Sportnuus: Smith, Wolvaardt, Du Toit onder benoemdes vir SA Sporttoekennings

# Sportnuus: Die Olimpiese swemkampioen Tatjana Smith, die naelloper Akani Simbine en die naelloop- en verspring-ster Mpumelelo Mhlongo ding mee om aangewys te word as Suid-Afrika se sportster van die jaar vir 2024. Atlete is in 16 afdelings benoem vir die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings wat die 24ste aangekondig word. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het Smith ook in die kategorie van sportvrou van die jaar benoem saam met die kaptein van die Protea-vroue-krieketspan, Laura Wolvaardt. Die Springbok-rugbyster Pieter-Steph du Toit is benoem as sportman van die jaar.