# Solidariteit se minagting-van-die-hof-aansoek het uitgeloop op ‘n tussentydse bevel wat die minister van Werkskepping en Arbeid opdrag gee om in November voor die Johannesburgse Arbeidshof te verskyn. Sy sal moet verduidelik hoekom sy ‘n hofbevel oor rassekwotas in die werkplek verontagsaam het. Anton van der Bijl van Solidariteit sê minister Meth se publikasie van rasseregulasies in die Staatskoerant in April vanjaar is in direkte konflik met die ooreenkoms wat regering en Solidariteit iun Junie 2023 bereik het: