Skip to content

Solidariteit maak lastersaak aanhangig teen minister Khumbudzo Ntshavheni [KLANK]

# Solidariteit het ʼn lastersaak teen die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, ingedien nadat sy die vakbond beskuldig het dat hy verkeerde inligting versprei. Dit hou verband met plaasmoorde en vermeende wit volksmoord in Suid-Afrika. In sy beëdigde verklaring wat by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien is, doen Solidariteit ʼn beroep op die hof om te verklaar dat hy onregmatig deur Ntshavheni belaster is. Dirk Hermann van Solidariteit sê hulle kan nie langer toelaat dat senior regeringsamptenare met laster wegkom nie:

AFR HermannOnDefamation