Skip to content

Sokker: Wiegman bly tot 2029 aan as afrigter van Engeland se vrouespan

# Sokker: Sarina Wiegman sal vir nog drie jaar by Engeland se vrouespan aanbly, nadat sy haar kontrak tot die einde van die Europese Kampioenskap in 2029 verleng het. Die 56-jarige Nederlander het in 2021 oorgeneem en die span die volgende jaar na sy eerste groot trofee in dié kampioenskap gelei. Engeland het verlede jaar die titel behou. Hulle het ook in 2023 die eindstryd van die Wêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland gehaal, waar hulle teen Spanje verloor het. Engeland speel volgende maand teen Oekraïne in die kwalifiserende wedstryde vir volgende jaar se Wêreldbeker.