Skip to content

Sokker: UEFA dreig met regstappe oor Infantino se plan om aandele in FIFA te verkoop

# Sokker: Die Europese beheerliggaam UEFA dreig met regstappe teen FIFA tensy president Gianni Infantino sy planne terugtrek om sy aandele in die wêreldliggaam aan private beleggers te verkoop. Volgens berigte onttrek Engeland glo ook sy steun vir die plan, terwyl Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande die plan ook in die openbaar gekritiseer het. Wallis het vandag die eerste land geword wat sy steun onttrek het vir Infantino om aan te bly. Die BBC berig UEFA wil ook onmiddellike stappe doen om alle dokumente en inligting in verband met die idee te identifiseer, op te spoor en te bewaar.