Skip to content

Sokker: Sundowns is deur na CAF-kampioenskapsliga maar Pirates val uit

# Sokker: Mamelodi Sundowns het sy plek in die Konfederasie van Afrika-sokkerkampioeneliga se eindronde bespreek na ʼn een-elk-gelykopstryd teen Al Ahly in Kaïro. Die Egiptenare het in die 23ste minuut danksy Taher Mohamed ʼn voorsprong behaal. Yasser Ibrahim se eie doel in die 90ste minuut het sake vir Masandawana gelykop gemaak. Sundowns het die eerste keer sedert 2016 volgens die wegdoelreël ʼn plek in die eindronde verseker. Intussen het Fiston Mayele twee doele aangeteken met Pyramids wat Orlando Pirates met 3-2 verslaan en op hul totale punte die eindronde haal.