Skip to content

Sokker: Speler van Ecuador agt jaar geskors ná aanval op skeidsregter

# Sokker: Ecuador se sokkerfederasie het Jhon Perlaza vir agt jaar geskors nadat hy verlede maand ‘n klip gegooi het wat ‘n assistent-skeidsregter tydens ‘n wedstryd getref het. Die voorval het in die 96ste minuut plaasgevind in ‘n wedstryd tussen Club Ciudad de Yantzaza en Club Rio Aguarico. Die skeidsregter het ernstige beserings opgedoen en moes ‘n operasie ondergaan met ‘n hersteltydperk van 60 dae. Die federasie gaan FIFA vra om die skorsing wêreldwyd uit te brei. Yantzaza is ook met meer as 103-duisend-rand beboet.