Skip to content

Sokker: SAFA verwerp berigte dat Broos Bafana Bafana verlaat het

# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het berigte ontken dat Bafana Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, sy pos verlaat het. SAFA sê die bewerings is vals en die Belg is steeds in beheer van die nasionale span. Broos het Suid-Afrika onlangs gelei na ‘n geskiedkundige eerste verskyning in die tweede ronde van die FIFA Wêreldbeker. Die afrigter is tans in België en word later vandeesmaand in Suid-Afrika terug verwag. SAFA sê hulle het geen veranderinge aan die tegniese span aangebring nie.