# Sokker: Die president van Mexiko, Claudia Sheinbaum, het belowe die voortgesette onderwysbetogings sal nie Donderdag se openingswedstryd van die Wêreldbeker tussen Suid-Afrika en Mexiko in die hoofstad, Mexikostad, ontwrig nie. Lede van ‘n onderwysersunie, wat salarisverhogings en pensioenhervormings eis, het verlede week by ‘n ondersteunersone in die stad amok gemaak en gedenkbeelde van spelers omgegooi. Hulle het gedreig met betogings by die openingswedstryd as die regering nie op hul eise reageer nie. Sheinbaum sê hulle sal seker maak die viering van die toernooi word goed beheer word en vreedsaam en rustig aangebied.
Sokker: Mexiko se president belowe vreedsame Wêreldbekeropeningswedstryd ondanks onderwysbetogings