# Sokker: Die mede-gasheer Mexiko se beheerliggaam het spelers gedreig dat hulle uit die Wêreldbeker-groep gelaat sal word as hulle nie vir ‘n oefenkamp aanmeld nie en kies om eerder by hul klubs te bly. Die kamp, wat gister begin het, val buite die aangewese internasionale gleuf en bots met Liga MX-uitspeelwedstryde. Spelers is ‘n sperdatum van agtuur vanaand gegee om by die kamp in Mexikostad aan te meld. Mexiko sal sy Wêreldbeker-groep op 1 Junie aankondig, met hul eerste wedstryd teen Bafana Bafana die 11de.
Sokker: Mexikaanse spelers gedreig met uitsluiting van Wêreldbeker as hulle nie oefenkamp bywoon nie