# Sokker: Malawi en Kameroen speel Sondag in die eindstryd van die Afrikabekertoernooi vir vroue. Malawi het geskiedenis gemaak deur hul eerste eindstryd te haal deur Algerië 3-1 te klop. Kameroen het die gasvrou, Marokko, 3-1 met strafskoppe geklop na ‘n doellose 120 minute nadat Marokko ‘n deurslaggewende strafskop in bykomende tyd verbrou het. Al vier spanne in die halfeindronde het gekwalifiseer vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Brasilië. Malawi en Algerië sal hul eerste verskyning in die toernooi maak.
Sokker: Malawi en Kameroen bereik die eindstryd van die Afrikabekertoernooi vir vroue