# Sokker: Die doelskieter van Orlando Pirates, Evidence Makgopa sal vandag streef om sy indrukwekkende doelrekord teen Kaizer Chiefs te verbeter wanneer die twee spanne in die Soweto-derby kragte meet. Makgopa het reeds vier doele teen die Amakhosi aangeteken, meer as al die spelers van albei spanne in hierdie wedstryd. Hy het in die derby van November 2024 ‘n doel aangeteken, twee in Mei 2025, en weer tydens Pirates se oorwinning van 3–0 in Februarie vanjaar. Die Buccaneers en die Amakhosi kom vanmiddag op die FNB-stadion teen mekaar te staan. Die afskop is om half-vier.
Sokker: Makgopa mik na ‘n vyfde doel teen Chiefs in die Soweto-derby