Skip to content

Sokker: Madrid-speler Rudiger vir ses wedstryde geskors nadat hy voorwerp na skeidsregter gooi 

# Sokker: Real Madrid se verdediger, Antonio Rudiger, is vir ses wedstryde geskors omdat hy ʼn voorwerp na die skeidsregter gegooi het toe sy span die Copa del Rey-eindstryd teen Barcelona verloor het. Rudiger en sy spanmaat, Lucas Vazquez, het rooikaarte gekry vir hul reaksie toe Kylian Mbappé kort voor die eindfluitjie geblaas het, vir vuilspel gestraf is. Vazquez is vir twee wedstryde geskors vir sy besware teen die beamptes. Rudiger sal nie deur die skorsing geraak word nie omdat hy Dinsdag ʼn knie-operasie ondergaan het en dis nie bekend wanneer hy weer sal speel nie.