Skip to content

Sokker: LaLiga ondervind toename van 4,2-persent in bywoningsyfer

# Sokker: ‘n Toename van meer as vier-persent in toeskouers is aangeteken in die Spaanse top-liga, LaLiga, die pas-afgelope seisoen. Die meer as 11,6-miljoen aanhangers wat wedstryde bygewoon het, is ‘n rekord vir die kompetisie, terwyl ‘n nuwe rekord van 84,9-persent in stadion-bywoning bereik is. Dit is bereik al het verskeie stadions beperkings op toeskouers ingestel tydens opknappingswerk, soos Camp Nou van Barcelona en Coliseum van Gerafe. Barcelona is verlede maand tot kampioen gekroon toe hulle Real Madrid in die eindstryd verslaan het.