# Sokker: Orbit College FC het bevestig dat kaartjies uitverkoop is vir Saterdag se deurslaggewende Premierliga-wedstryd teen Orlando Pirates. Dis binne vyf uur opgeraap. Die wedstryd waarna talle geesdriftiges uitsien, sal op die Mbombela-stadion in Mpumalanga plaasvind, met duisende Buccaneers-ondersteuners wat na verwagting daarheen sal stroom. Pirates kan die liga die eerste keer in 14-jaar wen met ‘n oorwinning. Daar is ook baie op die spel vir Orbit College, aangesien ‘n oorwinning kan help om hul topliga-status te verseker.
Sokker: Kaartjies reeds uitverkoop vir kragmeting tussen Orbit College en Pirates