# Sokker: Iran gaan ‘n amptelike klagte by die wêreldbeheerliggaam, FIFA, indien oor Amerikaanse reisbeperkings op die span tydens die Wêreldbekertoernooi. Die medegasheer het Iran se versoek geweier om twee dae voor Sondag se groepswedstryd teen België uit sy Mexikaanse basis na Los Angeles te reis. Amerika het die land ingelig spelers sal slegs ‘n dag voor wedstryde toegelaat word, en moet onmiddellik daarna weer vertrek. Die Iranse beheerliggaam sê dit benadeel hul voorbereiding.
Sokker: Iran gaan klagte indien oor Amerikaanse reisbeperkings