# Sokker: ‘n Taai stryd word vanaand in Dallas in Amerika verwag wanneer die Iberiese bure, Spanje en Portugal, mekaar pak in die ronde van 16 van die Wêreldbekertoernooi. Albei lande was onoorwonne in die groepfase. waarna Portugal Kroasië in die ronde van 32 uitgeskakel het, terwyl Spanje met Oostenryk afgereken het. Die ander oorblywende wedstryde in die laaste 16 is tussen Amerika en België, die verdedigende kampioen, Argentinië, en Egipte, en Switserland en Colombië. Noorweë en Engeland is reeds deur na die kwarteindronde.
Sokker: Iberiese bure Spanje en Portugal pak mekaar vanaand in Wêreldbeker-kragmeting