# Sokker: Die gewese sterspeler Zinedine Ziane is bevestig as Frankryk se volgende hoofafrigter. Hy volg Didier Deschamps op, wie se termyn van 14-jaar na die Wêreldbekertoernooi verstryk het. Die 54-jarige Zidane het sy land tussen 1994 en 2006 in 108 wedstryde verteenwoordig en 31 doele aangeteken. Hy was deel van die Wêreldbeker-wenspan van 1998. Zidane het die Spaanse reus Real Madrid tussen 2014 en 2021 twee keer afgerig. Hy gaan glo ‘n vierjaar-kontrak onderteken om Frankryk na 2030 se Wêreldbekertoernooi in Spanje, Portugal en Marokko te neem.
Sokker: Gewese sterspeler Zidane bevestig as Frankryk se nuwe hoofafrigter